Soek resultate vir: Hendrika Jooste

Makietie by die Maze: ’n lewendige viering van Suid-Afrikaanse gees in Victoria
16/10/2024

Makietie by die Maze: ’n lewendige viering van Suid-Afrikaanse gees in Victoria

In 2023, het Hendrika Jooste, bekend as The Migrant Whisperer, en Dr. Christina du Toit opgemerk dat ná die isolasie van COVID-19 baie Suid-Afrikaanse vroue in Victoria, Australië nog geïsoleerd gevoel het en ’n gebrek aan ’n sterk ondersteuningsnetwerk gehad het. Hulle het ook gesukkel om professionele geleenthede in hul nuwe omgewing te vind. Vasbeslote…

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?
16/04/2024

Wat mis Suid-Afrikaners in die buiteland die meeste?

Soos jy nooit die reuk van ’n stofpad ná die reën sal vergeet nie, so het elke Suid-Afrikaner ervaringe gehad wat ’n mens nie anders kan as om te mis nie. Sê wat jy wil, Suid-Afrika is uniek. Daar is nie veel plekke in die wêreld waar jy oor soveel mooi vlaktes kan uitkyk of…

Topwenke om by ’n nuwe omgewing aan te pas
23/05/2023

Topwenke om by ’n nuwe omgewing aan te pas

Deur Hendrika Jooste Heraclitus, die Griekse filosoof, het gesê: “Sedert die begin van tyd is verandering ’n konstante; die vrees vir verandering is egter ook ’n konstante.” Sedert antieke tye hou mense van roetine. Almal van ons reis of trek een of ander tyd. Of jy nou ’n toeris, gereelde sakereisiger, ekspat of immigrant is,…

Die een woord wat niemand mag gebruik nie
27/02/2023

Die een woord wat niemand mag gebruik nie

Deur Hendrika Jooste Ons het al almal plasings op sosiale media gesien waarin mense grappenderwys Afrikaanse woorde of uitdrukkings verkeerd gebruik of direk uit Afrikaans in Engels vertaal. Dit loop gewoonlik uit op ‘n blaps wat die lesers of luisteraars laat skater en die skrywers of sprekers so in die verleentheid bring dat hulle onmiddellik…

Ses maniere om moeilike tye te deurstaan
06/02/2023

Ses maniere om moeilike tye te deurstaan

Deur Hendrika Jooste Niemand se lewe is maklik nie – niemand nie! Jou familie en vriende tuis mag dalk dink dat jou lewe in ’n nuwe land net maanskyn en rose is. Dit lyk inderdaad of sommige mense dit makliker het as ander. En tog kan jy daarvan oortuig wees dat hulle ook een of…

Ope brief aan my landgenote
11/10/2021

Ope brief aan my landgenote

deur Hendrika Jooste Ons staan op die vooraand van die bekendstelling van ons immigrasieboek se internasionale weergawe en die knop in my keel is trane wat net wil-wil kom. Met ons eerste immigrasieboek het ons net op ons Suid-Afrikaanse landgenote gefokus, maar as gevolg van verskeie navrae en versoeke het ons nou ook immigrante van…

Kultuurskok – jy is nie immuun daarteen nie
21/07/2021

Kultuurskok – jy is nie immuun daarteen nie

Hendrika Jooste en Robyn Vogels Kultuurskok beïnvloed almal, maar dit kan vir party mense erger wees as ander. Een dag, in Port Melbourne, het ek vir Magda, ’n nuwe aankomeling van Durban ontmoet. Hulle was toe reeds vir agt weke in Australië, het ’n huis gekry, dit het goed gegaan met haar man se nuwe…

Migrasie met kinders – Topwenke vir verhuising met jou kind
31/05/2021

Migrasie met kinders – Topwenke vir verhuising met jou kind

Deur Hendrika Jooste en Robyn Vogels Ouers se grootste kommer is of hulle kinders gelukkig gaan wees; dit kan niemand ontken nie. Die antwoord is eenvoudig: Kinders volg hul ouers se voorbeeld. As ouers gespanne is (dis moeilik om nie te wees nie!), sal die kinders angstig raak. Kinders bou dikwels van nature ‘n selfverdedigingsmuur…